You are visitor number


 

0007087
Hartlik welkom by die 2010/11-ovaalbaan seisoen van Tygerberg Raceway!

Op Saterdag 11 September vanaf 2-5nm sal deelnemers die geleentheid kry om hul motors te toetsbestuur en alle moontlike probleme wat nog mag opduik, uit te sorteer voordat die eerste wedren van die klubkampioenskapreeks op 25 September 'n aanvang neem.  Dit is van uiterste belang dat deelnemers die oefendag bywoon, aangesien elkeen op daardie dag 10 punte voorsprong sal ontvang.

Gemoedere het hooggeloop die afgelope afseisoen a.g.v. die Funday en Oefendag wat gekanselleer moes word weens reenweer!  Weersomstandighede is iets buite ons beheer en ons kan nie die risiko loop dat iemand beseer kan raak, motors beskadig word en die baan grootskaalse skade mag opdoen nie.  Heelwat kostes is verbonde aan die instandhouding van die oppervlakte van die baan en ons hoop almal sal dit verstaan en so insien!

Ons eerste wedren van die klubkampioenskapreeks neem 'n aanvang op 25 September 2010 en 15 deelnemers van PE Motorklub gaan die dag met ons meemaak, soos bespreek met Deon Neethling.  Die naweek van 27 November gaan ons klub 'n bietjie toer in PE se rigting om die tweede been by hul af te le en die manne die stryd te gaan aanse.  Reel asb. vroegtydig verblyf!
    

Ons volgende Algemene Vergadering word gehou op Woensdag, 8 September om 8nm by Tygerberg Raceway Klubkhuis.  Die daaropvolgende vergadering word gehou op Woensdag, 22 September.

Voornemende lede word versoek om ASB op 'n vergaderingaand aan te sluit, aangesien dit onmoontlik is om op 'n Saterdag by die toegangshekke te werk met nuwe lede en ledeboekies.

Fooie beloop: 

Jaer:  R200    Vrou van Jaer:  R150   Pitmac 1: R150   Pitmac 2: R150  Pitmac 3:  R200


ENIGIEMAND WAT IETS TE KOOP WIL AANBIED, KAN MY E-POS BY:

estelledejongh@yahoo.com

Items wat resiesverband is sal geplaas word (nie 'n vrou wat jy wil verkoop of 'n ou wasmasjien nie).

E-pos moet so kort moontlik wees en soveel moontlik inligting bied!












HOOFBESTUUR 2010/11

Glen de Jongh - Promotor

Albie Uytenbogaardt
Gary Fleming
Teresia de Jongh-Duckitt

ORGANISEERDERS:

Glen de Jongh
Estelle de Jongh

KLERKE VD BAAN:

Teresia de Jongh-Duckitt
Riaan Keyser
Bertus du Toit (Assistent KvdB)

PUNTEHOUERS:

Melandi de Jongh
Lelani de Jongh
Elsa du Plessis



KOMMENTATORS:

Pieter Theron
Gary Fleming
Frankie Heunis

SCRUTINEERS:

Patrick Newman
Brian de Wet

KUIPEBEAMPTES:

Johan van der Merwe
Japie Linschoten

BAANBEAMPTES:

Sakkie Germishuys
Heinrich Mostert
Zuan Basson

TYDHOUERS:

Landie & Manie du Plessis





ONS LEUSE:

Ons glo aan opbouende kritiek en ignoreer afbrekende kritiek!


VOLGENDE BYEENKOMSTE

11 Sept (Practice)

25 Sept

23 Okt

13 Nov

 4 Des

TYGERBERG RACEWAY OFFICIALS
DSC_0591.JPG
JAARLIKSE PRYSUITDELING
        DINEE &  DANS
           19 Junie 2010

Please install Flash® and turn on Javascript.



© 2010 Tygerberg Raceway    Talkspot.com